SPORT

RUGBY, 7’S RUGBY & PUMAKI-RUGBY

Spanne

o/7 & o/8 – Pumaki
o/9 & o/13 speel Vyftienman rugby
o/11 & o/12 seuns kry blootstelling aan 7’s rugby

Proewe

Die o/9, o/10, o/11, o/12 en o/13 seuns se proewe word in Januarie maand gehou.
Daar word 3 spanne gekies indien daar genoeg seuns is.

3de span
2de span
1ste span

3 x 7’s spanne wat uit o/11 en o/12 bestaan word gekies begin September.

Afrigting
Ons het 2 afrigters by elke span betrokke.

Wedstryde
Daar word gepoog om vir elke span 16 westryde per seisoen te reël.  Dit sluit in vriendskaplike wedstryde, toere en die Mpumalanga uitspele.

Toere
Die o/9 en o/10 spanne ondersteun elke jaar die Laerskool Nelspruit rugbyweek.
Die o/11 en 2de span ondersteun elke jaar die Witrivier rugbyweek
Die 1ste span & o/11 span het die voorreg om verder te toer.

Mpumalanga uitspele
Die o/9, o/10, o/11 en 1ste span neem deel aan die uitspeel wedstryde.

Kleredrag
Die seuns speel in ‘n swart rugbybroek (word self voorsien).  Rugbytruie word voorsien.

Provinsiaal
o/12 en o/13 seuns wat goeie rugby speel vir die skool spanne, word genomineer om aan die Ehlanzeni streekproewe deel te neem.

PUMAKI-RUGBY

Ons neem jaarliks aan 3 sportdae deel met 2 x o/7 spanne en 2 x o/8 spanne. Die klem val op ontwikkeling en elke spelertjie wat kom oefen kry kans om aan een van hierdie dae deel te neem. Hierdie jaar beloop om ‘n baie opwindende jaar te wees vir al ons spellers en mag ons skool talle voornemende Springbokke oplewer!

ATLETIEK

Atletiek is die een sportsoort wat die geleentheid skep vir massadeelname by die skool.  Geleetheid word vir elke leerder gegee om hom/haar as atleet te bewys.  Daar is danook ‘n kultuurafdeling van atletiek wat groot aftrek kry by ons leerders.  Ons atletiekspan het gedurende die seisoen hoogtepunte bereik waarop ons baie trots is.  ‘n Atletiekspan van het ons baie trots gemaak tydens ons jaarlikse Interlaer Atletiekbyeenkoms.  Ons atlete het ook op provinsiale gebied baie goed gevaar.  Ons sien met groot opgewondenheid uit na elke atleet se prestasie en hard werk gedurende die jaar.

SWEM

Swem by ons skool het geweldig ontwikkel. Ons het baie provinsiale swemmers wat deelneem aan nasionale kampioenskappe. Swemoefening vind plaas in die 1ste en 4de kwartaal. Behalwe vir die fisiese voordele, is dit wetenskaplik bewys dat daar is ook voordele is met betrekking tot verbeterde konsentrasie en selfbeeld.
Kom en sluit aan by ons swemspan !

NOG SPORT

Skaak
Fietsry en Bergfiets
Gholf
Landloop

NETBAL, MINI-NETBAL

Die doel van netbal is om n liefde vir die sport by die dogters te kweek, om die nodige netbalvaardighede vir die dogters aan te leer en ‘n gesonde, gebalanseerde lewenswyse te kweek.

HOKKIE

Vanjaar het ons 0/10-0/13 spanne die hokkieseisoen oudergewoonte met die hokkiekliniek by Hoërskool Rob Ferreira begin. Gedurende hierdie week het spelers bestaande vaardighede verbeter en nuwe vaardighede aangeleer. ‘n Gebrek aan spangees was daar beslis nie. Spanne het hand om die lyf met baniere rond gestap, liedjies gesing en krete uitgeroep.

MINI-HOKKIE

Die mini-hokkie by Laerskool Witrivier is alles behalwe “mini”! Ons het tans 3 dogter spanne en 3 x seunspanne in elke ouderdomsgroep van 0/7 – 0/9. Hierdie spanne oefen 2 dae van die week en neem deel aan drie feesdae wat op die hokkiekalender spesiaal vir hulle opsy gesit is.  Tydens die feesdag wat Laerskool Witrivier aangebied het, het 824 hokkie-tjokkers oor die Laeveld ons feesdag bygewoon. Dit het behoorlik soos ‘n miernes van klein hokkielyfies gelyk. Ons personeel is voorwaar passievolle afrigters wat ook op bestuursvlak hul insette lewer en hulle kennis en kundigheid implimenteer.

KRIEKET & MINI-KRIEKET

Doelwitte
Om jong spelers die kans te gun om die spel te leer en te geniet.
Om spelers aan goed gekwalifiseerde afrigers bloot te stel.
Om ‘n liefde vir die sport in jong sportmanne se harte te kweek.

Afrigters
Daar is een gekwalifiseerde afrigter per span (0/9 – 0/13).  Die afrigter word deur ‘n hulpafrigter ondersteun en vergesel na wedstryde.
Aanvang van seisoen

Proewe
Proewe geskied in die vorm van n netsessie sowel as ‘n veldwerksessie.  Proewe vir die 0/10 tot 0/13 spelers vind plaas aan die begin van Junie.  Tydens die proewe word daar 14 spelers per groep gekies wat aan die liga in die derde kwartaal gaan deelneem en 12 spelers wat aan die toere gedurende die Julie vakansie gaan deelneem. Proewe vir die 0/9 spelers vind vroeg in die 3de kwartaal plaas.

Oefening
Die 0/10 tot 0/13 spelers sal na aanvang van hul proewe begin oefen in die 2de kwartaal.  Die 0/9 spelers sal gedurende die einde van die 2de kwartaal ‘n paar oefeninge deurmaak voor die proewe in die 3de kwartaal.

Spanne & Ouderdomme
Daar is slegs een span per ouderdomsgroep.  Die ouderdomme is as volg:  0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13

Liga
Die 0/9 span speel in ‘n vriendskaplike liga.  Die 0/10 tot 0/13 spanne speel in die Mpumalanga Superskool liga.

Toere
Die 0/10 tot 0/13 spanne neem deel aan die Laerskool Witrivier Krieketweek.

Deelname
In elke ouderdom sal daar ‘n groep van 14 gekies word (0/9 – 0/13) wat aan die oefeninge sal deelneem. Uit die groep sal spanne gekies word vir elke week se wedstryde.

Kleredrag
Wedstryde
Witrivier het ‘n eenvormige kriekethemp en krieketkouse wat deur die o/9 tot o/12 spanne gedra word tydens wedstryde.  Die hemp & kouse is te koop.  Die o/13 span ontvang ‘n geborgde kriekethemp.  Dit word gedra saam met hulle Witrivier kriekethoed en wit krieket langbroek.

Oefening
Spelers moet geklee wees in gemaklike oefenklere of hul skool klere met tekkies.

Mpumalanga krieket
Die beste o/10 tot o/13 spelers word jaarliks deur die afrigters genomineer om aan die Ehlanzeni Streeksproewe deel te neem.  Uit die verskillende streke in ons provinsie word daar ‘n o/11, o/12 en o/13 Mpumalanga span verkies wat die unie verteenwoordig.

Toekeningsplegtigheid
Die volgende toekenings word uitgegee by die skool se formele prysuitdeling:

o/9 – Beste speler
o/10 – Beste speler
o/11 – Beste speler

** Junior krieketspeler van die jaar

o/12 – Beste speler
o/13 – Beste speler

** Senior krieketspeler van die jaar

Liga wedstryde:
Elke speler wat 5 paaltjies in ‘n wedstryd neem of 100 lopies in n beurt aanteken sal ook ‘n aandenking ontvang.

TENNIS & MINI-TENNIS

Hoekom tennis?
Tennis is ‘n sport wat vanaf 9 tot 90 jarige ouderdom beoefen kan word. Dit kan ‘n individuele of spansport wees, en dit bevorder hand-, oog- en voetkoördinasie.

Kontak ons \
contact us
(013) 751 – 2231 / 2
laerwitr@myconnection.co.za
(013) 750 – 1064
Mon - Fri / 9AM - 5PM

Slider